top of page

Exclusively for the web |7 November 2019 | By JOHAN VAN WYK

Elephant whisperer of the Lowveld

One only truly realises how big an elephant bull is once you stalk up to one. At close range, you notice details that normally wouldn’t be obvious... such as how deep brown an elephant’s pupil is, how wrinkled the skin on the trunk is and how stained and dirty the tusks are. Most noticeable, however, is the realisation of how small you are in comparison with the animal!

Pieter Nel, Senior Trainer at the Southern African Wildlife College located near Kruger National Park’s Orpen gate, recently accompanied me on an elephant walk-up, and we had the opportunity to stalk close to a magnificent 70-pound-aside elephant bull as he was quietly feeding in the late afternoon sunshine.

 

With my camera in hand, Pieter and I, accompanied by Gawie Lindeque as back-up, carefully checked the wind as we stalked up to the elephant. Pieter is a veritable fountain of knowledge when it comes to elephant behaviour and he knew exactly how far to push the bull without raising the animal’s ire.

 

As we stood there, no more than five or six metres away from Africa’s biggest land mammal, Pieter quietly pointed out a few anatomical features such as the location of the earholes, the brain and the heart. I slowly raised my camera and took a few photographs, the sound of the Nikon’s shutter was almost deafeningly loud in the quiet bush. Luckily, though, the elephant was calm and not bothered in the least by the three humans literally on his own front porch.

 

After ten minutes or so, we quietly retreated and left the bull in peace. It was a wonderful experience to be so close to such a magnificent animal, accompanied by an expert like Pieter. He truly is the elephant whisperer of the Lowveld!

Read Johan's article on the Southern Africa Wildlife College's dangerous game courses in die December edition of  theSA JAGTER/HUNTER magazine.

Pieter Nel - Copy.JPG

 Check out the video 

SA JAGTER/HUNTER het ’n paar vrae aan Pieter Nel, die Olifant-fluisteraar van die Laeveld, gestuur om meer oor hom uit te vind:

 

WAAR IS JY GEBORE EN HET JY GROOTGEWORD?

Ek is gebore in die destydse Rhodesië, in die dorpie Gatooma (nou Kadoma), maar ek het in die Noord-Kaap op Black Rock grootgeword.

WAAR HET JOU BELANGSTELLING EN LIEFDE VIR WILDLEWE ONTSTAAN?

Vir solank as wat ek kan onthou, het my familie gejag en visgevang. Almal was lief vir die buitelewe en die belangrikheid om die natuur te bewaar, is deur my oupas, ooms en my pa aan my oorgedra.

WAT IS JOU AGTERGROND EN OPLEIDING?

Ek het in 1998 my jaglisensie gedoen en tydelik as PH gejag. Ek het myself ook bekwaam as ’n gids en sover ek weet was ek die eerste persoon in die Noord-Kaap wat ’n jaglisensie gehad het en ook as professionele gids gekwalifiseer was. Mettertyd het ek al hoe meer by bewaringsbestuur betrokke geraak en vanaf 2004 tot 2012 het ek dit voltyds gedoen. Sedert 2013 gee ek opleiding by die Southern African Wildlife College.

 

WAT IS DIT AAN OLIFANTE WAT DIT SO MOEILIK MAAK OM HULLE TE BEKRUIP EN HOE KRY JY DIT REG OM SO NABY AAN HULLE TE KOM?

Eerstens onderskat ons hulle sintue. ’n Mens hoor vandag nog “hoe swak hulle sig is”. Dis bog! Hulle sien beweging en vorm net so goed soos ons, miskien nog beter as jy in ag neem dat hul oë groter is en hoe hoog hulle oë van die grond af is. Tweedens, met goeie kennis van olifante se gedrag kan situasies en interaksies met dié diere veilig gemanipuleer word. Die tegnieke wat ek gebruik kom uit Zimbabwe en is hier verfyn.

 

WAT IS DIE ÉÉN DING OMTRENT OLIFANTE WAT JY WENS DIE PUBLIEK WIL BEGRYP?

Ek wens mense wil verstaan dat olifante slegs sal kan oorleef as ons waarde aan hulle gee. Finansiële waarde (as hulle nie geldelike waarde het nie, sal hulle nie bewaar word nie), maar ook positiewe waarde vir die mense wat naby of saam met hulle moet leef, nie net vir toeriste nie. Bewaring is meer as net beskerming van dié diere. Olifante se waarde ten opsigte van ekologiese toevoeging is ook belangrik.

 

WAT MAAK OLIFANTE SULKE SPESIALE DIERE?

Ek vind hulle is, buiten primate, die enigste diere waarmee die mens veilige interaksie kan hê.

 

WAT IS JOU LEUSE (MOTTO) AS DIT KOM BY OMGEWINGSBEWARING EN INTERAKSIE TUSSEN DIE MENS EN DIE NATUUR?

Habitat is alles.

 

WAT IS DIE BENOUDSTE OOMBLIK WAT JY NÓG IN DIE VELD GEHAD HET?

Ek het op ’n keer leeus gemoniteer en die een dag na ’n wyfie gaan soek wat vir ’n week lank nie gesien is nie. Haar spoor het ons na twee welpies gelei. Toe die spoorsnyer se fluit my waarsku dat die ma op pad is na my toe, kon ek haar al sien en was ek op my knieë onder ’n trassiebos (Acacia hebeclada).

 

WAARUIT PUT JY DIE MEESTE GENOT IN JOU INTERAKSIE MET DIERE EN DIE NATUUR?

Ek put groot plesier daaruit om iemand ’n uitsonderlike ervaring te gee deur tyd deur te bring in die teenwoordigheid van sulke pragtige diere. Om kennis te deel is ’n voorreg.

chronograaf.jpg

Die korrekte opstel en gebruik van chronograwe

Chronograaf meet koeëlspoed deur die tyd te registreer wat ’n koeël neem om die afstand tussen twee sensors af te lê. Die meeste herlaaiers gebruik chronograwe met optiese sensors wat ligintensiteit meet. Sodra ’n koeël verby die sensor beweeg, registreer die apparaat die verandering in ligintensiteit.

bottom of page