top of page

BOS & KOMBUIS 2018 | Deur Ester Malan

IMG_20200902_152743.jpg

KOEDOESTEAKS MET AARTAPPELPAKKIES

AARTAPPELPAKKIES

  • 6 aartappels

  • 30ml olyfolie

  • 10ml growwe sout

​

STEAKS

  • 800g koedoerugstring

  • sout en vars gemaalde swartpeper

  • 100g botter

  • 2 knoffelhuisies, fyn gedruk

  • 2 takkies roosmary

​

AARTAPPELPAKKIES

Voorverhit die oond tot 200 °C. Plaas elke aartappel in die middel van ’n vel foelie. Drup die olie oor en sprinkel die sout oor. Maak elke pakkie toe en pak dit op ‘n bakplaat. Bak die aartappels 30 minute of tot goudbruin.

​

STEAKS

Sny dke rugstring in 4-6 ewe groot porsies. Geur die steakporsies aan albei kante met die sout en peper. Smelt die botter in ‘n kastrolletjie en voeg die knoffel en roosmaryn by. Laat dit ‘n minuut prut. Verwyder van die hitte. Braai die steakporsies 5-8 minute oor baie warm kole of tot graag soos verkies. Verf die steaks aan albei kante met die gegeurde botter sodra dit gaar is. Laat die steaks 5-10 minute rus. Sit die steaks voor saam met die aartappels en nog van die gegeurde botter indien verkies.

​

​

bottom of page