top of page

EKSKLUSIEF VIR DIE WEB | 7 Januarie 2021 

MAAK SÓ MET VOLSTRUIS

Volstruis ’n maer vleis en die geheim is dus om dit nie te lank te braai nie aangesien dit vinnig kan uitdroog. Die tweede geheim is om dit goed te laat rus voordat jy dit bedien sodat die vleissappe kan uitloop. Dit is ook ’n baie geurige vleis. Deur dit met ’n bietjie olyfolie en sout en peper te smeer, en dan oor warm kole vir ongeveer drie minute aan ’n kant te braai, en met ’n sous van jou keuse voor te sit, is eintlik genoeg vir ’n smaaklike ete. Maar indien jy iets meer elegants of anders wil bedien stel ons hierdie twee resepte voor:

VOLSTRUISSTEAK OOR DIE KOLE

  • 4 volstruissteaks (110 tot 140 gram)

  • 2 e worcestershiresous

  • 2 knoffelhuisies, fyngemael

  • 1 ½ t sout

  • 1 t olyfolie

  • 1 t uie-poeier

  • 1 t grofgemaalde swartpeper

Foto 2 - Copy.jpg

SÓ MAAK JY​

Meng die worcestershiresous, knoffel, sout, olyfolie, uie-poeier en swartpeper saam in ’n bak.

Sit die volstruissteaks in ’n bord en smeer aan weerskante met die kruiemengsel.

Draai die vleis toe in kleefplastiek en sit in die yskas vir twee ure.

Haal die steaks uit die yskas en laat dit vir 15 minute in kamertemperatuur sit voordat jy dit braai.

Braai oor medium kole vir 5 tot 6 minute aan ’n kant.

Laat dit vir 10 minute rus voordat jy die voorsit.

VOLSTRUISSTEAK MET SAMPIOEN- EN ROOIWYNSOUS

  • 4 volsstruissteaks (150  tot 200 gram)

  • 1 e botter

  • 1 wit ui, grof gerasper

  • 2 knoffelhuisies fyngekap

  • 1 spriet tiemie

  • 100 ml beesaftreksel

  • 200 ml rooiwyn

  • 250 g sampioene van jou keuse

  • 2 e room

  • sout en peper

SÓ MAAK JY​

Smelt die botter in die groot pan oor medium hitte.

Braai die volsstruissteaks vir ongeveer 2 tot 3 minute aan ’n kant tot bruin.

Verwyder steaks uit die pan en laat in ’n warm plek rus.

Gooi nog botter in die pan en voeg uie en knoffel by.

Braai tot dit ’n ligte bruin het en gooi dan die wyn, aftreksel en tiemie by.

Laat dit prut totdat die sous met ongeveer die helfde verminder het. Die sous moet glad wees en ’n glans hê.

Voeg die sampioene by en kook oor ’n lae hitte vir 2 minute.

Gooi die room by en meng goed.

Proe hoeveel sout en peper jy wil byvoeg.

Skep die sous oor die steaks en bedien.

bottom of page