top of page

DOVETAIL-AMMUNISIEKISSIES te wen!

Mooi bêreboksies vir jou ammunisie

Jagters en ander vuurwapeneienaars is gewoonlik passievol oor hul skietgoed en daarom verkies baie om net die beste bybehore daarvoor aan te skaf.

 

Die ammunisiekissies wat Rudi en Lizelle Louw van Sasolburg maak, word van saligna (Eucalyptus grandis) gemaak wat maar net ’n ander naam is vir bloekomhout – ’n duursame hout met ’n reguit grein wat maklik werk en dit kan maklik gekleur word. Die kissies word deur middel van swaelstertvoeë aanmekaar gesit, vandaar die naam van die produk. Dit word ook toegerus met swaardiens-skarniere en stewige sluitknippe wat lang, betroubare diens sal lewer. ’n Netjiese leerhandvatsel rond die ammunisiekissies af. Die kissies word voorsien in sekere standaardgroottes vir elke kaliber en neem 50 patrone. Spesiale bestellings vir groter kissies word ook geneem.

 

Om die kissies meer persoonlik te maak, kan Lizelle-hulle lasergravering daarop laat aanbring. Hierdie kissies verkoop tans teen ongeveer R525. (Posgeld en spesiale versoeke uitgesluit.)

 

Kontak Lizelle Louw by 083-257-4041

ammunisiekissies.jpg
bottom of page