top of page

SA JAGTER/HUNTER | November-Desember 2021 | Deur KARLA JANSE VAN VUUREN | Foto’s: GERRIE JANSE VAN VUUREN

Pic3.jpg

Raak kreatief met waterbokmaalvleis

RESEP: WATERBOKMAALVLEIS-PASTEITJIES MET ’N TAMATIE-EN-ROKETSLAAI

 

Jy benodig: 

Vir die pasteitjies (genoeg vir 4-6 mense):

30 ml sonneblomolie

500 g waterbokmaalvleis, gemeng met 100 g skaapvet

1 middelgroot ui, fyngekap

2 ml Spicegro FlavourBlast-knoffelpoeier

2 wortels, geskil en gerasper

5 ml Spicegro FlavourBlast Italiaanse kruie

5 ml Spicegro FlavourBlast fyn swartpeper

5 ml (of na smaak) Spicegro FlavourBlast-geurmiddel (all purpose)

1 eier, geklits

100 g pecorino-kaas, gerasper

1 vel bevrore blaardeeg (puff pastry), ontdooi

 

Vir die slaai:

1 pakkie roket (nog beter as dit vars uit jou tuin kom)

’n hand vol baba-spinasieblare

kersietamaties, middeldeur gesny

’n handvol grasuie (chives), gesnipper

Ekstrasuiwer olyfolie, appel- of balsemasyn, sout en peper na smaak

 

So maak ’n mens: 

  • Voorverhit die oond tot 200 °C en maak seker die oondrak is in die middel van die oond.

  • Rol die ontdooide blaardeeg uit en sny dit in ses ewe groot vierkante. Bespuit ’n groot muffinpan (die soort met plek vir net ses muffins) met kleefwerende kossproei. Voer die holtes elk met ’n deegvierkant uit. Die vier kante van die vierkant moet verby die kante van die muffinholte steek sodat ’n bakkie gevorm word. Druk liggies vas maar oppas om nie die deeg te skeur nie. 

  • Verhit die olie ’n groot swaarboompan en braai die ui tot deursigtig. Roer die knoffelpoeier by en roerbraai nog ’n minuut.

  • Roer die waterbokmaalvleismengsel by en roerbraai tot bruin en gaar. 

  • Voeg die wortels en kruie by en roerbraai ’n paar minute. Geur na smaak met die Spicegro FlavourBlast-geurmiddel en peper. Verwyder van die hitte. 

  • Meng die geklitste eier en pecorino en voeg dit by die maalvleismengsel. Meng vinnig en deeglik sodat die eier nie begin gaar word nie. 

  • Skep die maalvleis in die voorbereide muffinholtes en plaas die pan in die warm oond. Bak vir sowat 20 minute tot die deeg bros is en die vulsel gaar. 

  • Maak die slaai deur die roket, spinasie, tamaties en grasuie liggies te meng. Drup die olie en asyn na smaak oor die slaai en geur met sout en peper. 

(*Pasteiresep aangepas van ’n resep wat oorspronklik in Sarie verskyn het.)

Lees ook hier

bottom of page