BEL ONS | CALL US

Tel: +27 12 485 9382

E-POS ONS | EMAIL US
KANTOOR | OFFICE

Privaatsak X202, Pretoria 0001

Xcelpark, h/v | c/o Lynnwood & Roderick

Lynnwood, 0081 

Mon - Vry/Fri: 08:00 - 16:30

SA SE VOORSTE JAGTYDSKRIF 
SA'S LEADING HUNTING MAGAZINE
  • Facebook Social Icon
  • Twitter Social Icon
  • YouTube Social  Icon
  • Instagram Social Icon

Vir alles wat die jagter en omgewingsbewaarder wil weet.

Keeping the hunter and conservationist in the know.

KONTAK DIE REDAKTEUR
CONTACT THE EDITOR

Koos Barnard

Koos.Barnard@Media24.com

012-485-9401

’n Erfenis vir jagters

Soos dit maar oral in die wêreld gaan, is Suid-Afrika se geskiedenis ook met wapens geskryf. Sonder wapens sou dit ons voorvaders veel langer geneem het om suidelike Afrika te tem. Ek skryf hierdie stukkie uit die oogpunt van die jagter, maar moet soms noodgedwonge na politieke gebeure verwys.

Skatte in ou foto-albums...

’n Tydjie gelede kom ek op ’n ou foto-album af. Die omslag het al begin kraak en die blaaie is sommer geel van die ouderdom. Van die foto’s is maar tipies van daardies wat dateer uit die pre-digitale era; soms uit fokus en meestal niks besonders nie. Op die tweede laaste bladsy van die album is daar egter ’n juweel: ’n foto van my, geneem baie jare terug met my eerste rooibokram.

Toe kwes ek die verpeste bles

Kyk, vroumense staan mos maar oor die algemeen bekend as emosionele wesens – die grootste en oudste raaisel vir die manlike spesie. En onthou, as jy nog nooit saam met ’n vrou in die jagveld was terwyl sy haar eerste bok kwes nie, het jy nog nie die totale omvang van “die vrou” beleef nie.

Bokspoortjies en biltong

Die luukse geriewe vir die vrou en die kindertjies, wat saam met Pa jagplaas toe gekom het, was beperk tot vaalgrys doringrige Thabazimbi-bosse, een groot hoop rooi bousand en ’n sinkbad – wat ons uit die veldkombuis ge-zoi het – onder ’n koue stort. 

Die koedoe met my naam op

So skuins voor ses die oggend, hier in die hartjie van die Thabazimbi-bosveld druis die dawerende alarmstem: “Kom, kom, kom... die bokke wag vir ons!” Ons lywe is seer van gister se jag. Maar dit gaan ons nie terug hou vir vandag se jag nie...

My hart se drie punte

Daar is so 20 gewere in my arsenaal – nie alles myne nie, van dit behoort aan my pa en broer, maar ons is nie skaam om met mekaar te deel nie. Dus kan ek met eerlikheid sê daar is genoeg om van te kies en keur. Maar drie kalibers in die versameling is, om verskeie redes, my gunstelinge: 'n 8x68 S; 'n .460 Weatherby en 'n .30-378 Weatherby. Ek vertel graag vir julle hoekom dié drie my so na aan die hart lê.

Schnell schiessenin Pole en België

Wanneer kom jy by my jag?” nooi vriend Arthur  Broux my teen die einde van 2011 per e-pos uit  België. Arthur en sy vrou, Madeleine, woon in hul eie kasteel, Kasteel de Klee, in Borgloon sowat  50km vanaf Brussel. Daar het hy toegang tot ’n 2000ha jaggebied, wat groot is in België (die hele land is maar sowat 200km by 200km groot). 

Jag vanuit ’n meisie met 'n sagte hart se oogpunt

As 16-jarige meisiekind wat 'n groot liefde en passie vir diere het, het ek baie getwyfel of ek daardie eerste bok sal kan skiet. Ek het geweet dat ek myself nóóit weer so ver sou kon kry om die sneller te trek as ek my eerste bok kwes nie.

Hunters pay the bills

When the rains come everything is honky dory. During good times it almost seems as if there might even be tension between the eco-tourism and hunting industries. However, when a drought hits and money is tight, it is the hunter that carries the animal welfare bills.

Agter die berg

Ek is skaam om te moet sê dat ek die magiese waarde van díe kaliber, die .404 Jeffery, ontdek het eers nadat ek ’n roer wat daarvoor gekamer was, aangeskaf het. Die proses van aanskaf en regmaak is ’n storie vir ’n ander geleentheid, maar dié nommer is waar die storie begin...

’n Kortkursus vir onervare jagters

Toe ek ingestem het om as leermeester op te tree vir twee onervare jagters, het ek gewonder of ek nie alweer ’n verkeerde perd opsaal nie. Die eienaar van ’n bekende jagplaas het my kom sien en gevra of ek twee van sy goeie vriende, aan wie hy ’n paar gunste verskuldig is, sal uit neem vir ’n jag op sy plaas.

Tien jagjare agter die rug

Jip, kan jy glo dis al 10 jaar gelede dat die nuwe millennium ’n tiener geword het. Nou is dié kind al 20. Baie dinge het verander oor die afgelope 10 jaar in die jag-, skiet- en wildbedryf, te veel om alles te noem so ek volstaan met enkeles.

Buffeljag langs die Zambezi

Dit is laatmiddag en ons is op pad terug na die kamp toe, toe Barry se selfoon lui. Dis die oproep waarvoor ons al ’n paar dae lank wag. Barry antwoord dadelik en ek kan sien dat dit goeie nuus is. Toe hy die selfoon dooddruk, word dit dan ook bevestig met sy woorde: “Tomorrow we’re hunting buffalo, pal!”