600X450.png
0222SAHOFC.jpg
IN DIE JONGSTE UITGAWE | IN THE LATEST EDITION

Die Januarie/Februarie 2022-uitgawe van SA JAGTER/HUNTER is binnekort beskikbaar. Sit dit op jou inkopielys as jy wil lees oor Remington se .22’s, een van die wêreld se gewildste sportskietpatrone, of die rol wat handwapens in die jagveld kan speel. Daar word ook gekyk na die groot menere soos die bekende Holland & Holland .375’s. Dan word die vraag gevra wat maak ’n vuurwapen versamelbaar, of dalk nie? Diegene wat lus is vir lekker jagstories sal nie teleurgesteld wees nie. Nico Kotze vertel van die keer toe hy die Drakensberge moes uitklim agter ’n swartwildebees aan en Herman Jonker skryf oor die soeke na ’n bastergemsbok in die reën. Vir die jagter wat ook daarvan hou om tyd agter die kospotte deur te bring, het ons kosskrywer ’n slim plan met koedoewors.

 
Bosveld gewere en-kalibers

Lees gratis | Free read

Bosveldgewere en -kalibers

Ek het al meermale gestaan en luister hoe jagters met mekaar oor sekere kalibers argumenteer. Dis een van daardie nimmereindigende debatte met geen einde in sig nie, en in baie gevalle is diegene wat argumenteer nie net onkundig nie, maar ook ietwat naïef as dit kom by die plek waar eksterne ballistiek en doodmaakvermoë mekaar ontmoet. Insgelyks die kwessie van ’n “bosgeweer”. Ek het al dikwels in ’n geweerwinkel na ’n bepaalde geweer staan en kyk, net om iemand te hoor sê dat dit ’n ideale bosgeweer sal maak.

DSCF7655.JPG

Lees gratis | Free read

Veldry tydens jag

Ongeag hoe ’n mens daarna kyk, êrens tydens die jagtog gaan jy met jou bakkie van die pad af ry. Normaalweg is dit om daardie karkas te gaan oplaai wat op die onmoontlikste plek beland het. Dit is waar ’n 4x4- kursus goud werd is. Dit help dat jou voertuig heel bly terwyl jy jou bok gaan oplaai sodat hy ook kan bakkie ry. Voor ons by die ry kom, kyk ons eers na ’n paar dinge wat jou voertuig se veldryvermoë kan beïnvloed.

Versamelstuk of nie.jpg

Lees gratis | Free read

Versamelstuk of nie?

Die wêreld van versamelbare vuurwapens is meermale amper met ’n doolhof vergelykbaar. Versamelbaarheid, aldan nie, hang in baie gevalle van verskeie faktore af wat nie aldag baie mooi deur almal verstaan word nie. Dit lei dikwels tot misverstande en meningsverskille, veral tussen diegene wat wil verkoop en dié wat wil koop. Ten einde ’n bietjie duidelikheid te bring, is dit dalk nou ’n goeie tyd om ietwat meer indringend te kyk na wat ’n bepaalde vuurwapen versamelbaar maak, of dalk net die teenoorgestelde tot gevolg kan hê.

SA JAGTER LOGO.png

 Kry jou tydskrif hier: 

  • Die meeste supermarkte en boekhandelaars

  • Sluit aan by die SAJWV en kies om dié tydskrif te ontvang

  • Skakel: 087-353-1300

  • Of 

MAAK 'N MIELIEBRAKKIE MET JOU KOEDOEWORS.jpg

Boskombuis: Lees gratis

Maak 'n mieliebrakkie met jou koedoewors

Boerewors – is daar ’n meer ikoniese Suid-Afrikaanse skepping? Eie aan ons mense, is daar ook soveel opinies en resepte vir die maak van boerewors soos wat daar politieke partye is. Hierdie een sweer by koljander en daardie een by lamsvet. Ek het ’n bietjie met Suid-Afrika se bekendste braaier en passievolle boereworsmaker, Jan Braai, oor die geheime van ’n lekker wors gesels.

Foto 3.JPG

Lees gratis | Free read

Teleskoop of oop visier?

Sommige mense skiet maklik raak, maar ek moet baie oefen om dit reg te kry. Nie dat oefen vir my ’n straf is nie – ek hou van skiet!

Ek het my eerste bril in standerd 8 gekry (ons het destyds nog in standerds skoolgegaan; grade is gebruik om die deklinasie van ’n hoek aan te dui). Van kleintyd af was dit dus vir my moeilik om op die visier, korrel en teiken te fokus. Geen wonder dat my gewere van meet af met teleskope toegerus was nie.

’n Groot debat woed altyd oor die kwessie of ’n jagter ’n geweer met of sonder ’n teleskoop moet gebruik as hy gevaarlike wild aandurf. 

Pic 4.JPG

Lees gratis | Free read

Buying your first shotgun –  what you need to consider

Just in case there is some misunderstanding with the title, this is not about the first shotgun you were privileged to own or shoot with, but rather about a selection process for the firsttime buyer and aspirant shotgun shooter. Shotgun shooting seems to be on the rise, at least judging by the number of shooting clubs active in my area and the turnout at clay target events. It’s also clear that bird shooting is alive and well, and any number of organised activities are on offer through associations and institutions, as well as in the media. Many shooting clubs now also offer three-gun shoots that include shotguns.

Pic 14.jpg

Lees gratis | Free read

​Undisputed - Daniel Fraser of Edinburgh, Scotland

People’s appreciation of fine firearms and the value system by which they judge these firearms are a complex function of their own knowledge of, experiences with, and their exposure to such firearms. In addition, they are influenced by legend, folklore, advertising, and their own personal bias. Ask most hunters or rifle enthusiasts to name the highest-quality rifle manufacturer they know, and you will quickly hear familiar names such as Holland & Holland, James Purdey, Westley Richards, and John Rigby being thrown around. Occasionally, someone who has perhaps studied this subject more thoroughly may bring up more obscure names like James Woodward or George Gibbs.

Hoe gesond is die boogjagbedryf.jpg

Lees gratis | Free read

Hoe gesond is die boogjagbedryf?

Toe ek 21 jaar gelede oor boogjag begin skryf het, was dit duidelik dat die pyl en boog besig was om al hoe gewilder as jagapen te word. In die daaropvolgende jare het baie wildplase hul deure vir boogjag begin oopmaak en talle jagters het hul gewere vir boë verruil. In 2000 was daar net twee boogskietwinkels in Pretoria, naamlik Jack’s Archery en SA Bowhunter, een in Johannesburg (Sharp Edge) en nog een in Kaapstad. Kort voor lank het boogwinkels oral in die land begin oopmaak – selfs in kleiner dorpe soos Ellisras en Vaalwater. Boogjag was gewis die nuwe mode in die jagbedryf.

'n ander soort leeujag.jpg

Lees gratis | Free read

'n Ander soort leeujag 

Dit is nou al meer as ’n jaar later, maar min het ons destyds geweet dat die drie maande wat ons afgestaan het om ’n leeumannetjie uit sy “verknorsing” te red, ons lewens onherroeplik sou verander. Dit het soveel vrae ontketen oor waar hy vandaan gekom het en waarom die natuurbewaringsbeamptes nie opgelet dat hy uitgebreek het nie. Hierdie verhaal kon ’n beter einde gehad het, maar mense het weereens die natuur in die steek gelaat en ons moes noodgedwonge die situasie beredder. Ek dink met heimwee terug aan daardie dag wat ek die eerste oproep ontvang het om ons van die gevreesde vuilbaard te verwittig.

Kol2022OFC(R).jpg