BEL ONS | CALL US
E-POS ONS | EMAIL US
KANTOOR | OFFICE

Tel: +27 12 485 9382

Privaatsak X202, Pretoria 0001

Xcelpark, h/v | c/o Lynnwood & Roderick

Lynnwood, 0081 

Mon - Vry/Fri: 08:00 - 16:30

SA SE VOORSTE JAGTYDSKRIF 
SA'S LEADING HUNTING MAGAZINE
  • Facebook Social Icon
  • Twitter Social Icon
  • YouTube Social  Icon
  • Instagram Social Icon

Vir alles wat die jagter en omgewingsbewaarder wil weet.

Keeping the hunter and conservationist in the know.

KONTAK DIE REDAKTEUR
CONTACT THE EDITOR

Koos Barnard

Koos.Barnard@Media24.com

012-485-9401

Koos se bospaaie | 7 November 2019 | Deur KOOS BARNARD

Vallende blare

Daar was ’n byt in die lug en die ryp het plek-plek ragfyn-wit op die oggend se rug gelê. Ek het koers gekies met die Mauser oor my skouer... iewers in die winterbosveld was daar ’n ou blouwildebeesbul, een van baie op die plaas, wat ek onder skoot wou kry.

Toe die son oplaas ophou wegkruipertjie speel in die onderbos het ek plat gaan sit met my rug teen ’n boomstam waar die strale ongestoord oor my lyf kon klim. Daar het ek my verkyk aan die vallende blare... geel en bruin en rooi. Elke asemteug van die ligte wind het honderde blarehandjies van takke los laat glip. Die gekleurde lyfies het traag grond toe gedwarrel, so al asof hulle die val berou. Ek het my verbeel dat hulle nog wou vasklou aan die dans van die wind waaraan hulle deur die somer gewoond geraak het.

 

Maar verandering is onafwendbaar – hulle moet plek maak vir nuwes.

 

Elke jaar roer daar ook iets onrustigs in my gees as die herfsblare begin val. Is dit ’n ingebore ding toe ons voorouers nog gereeld saam met die seisoene moes trek om oorlewing te verseker? Of is dit ’n ander tipe onrus wat aan jou begin kerf? ’n Besef miskien dat elke seisoen wat sterf jou ook nader aan die groot afgrond dwing.

 

’n Horing wat iewers sag teen ’n tak klop, het my uit my gedagtewêreld gewek. Ek het stip gestaar en toe donker bene en ’n donker lyf skuins vorentoe in die ruie bos gewaar... ’n blouwildebeesbul. Hy het onbewus van my, skuins na links verby gedrentel. Maar iets moes hom gewaarsku het, want hy het skielik skaars 30 treë van my af vasgesteek en in my rigting gekyk. Die teleskoop se kruishaar het oor die donker nek beweeg en toe tussen sy oë gaan vasklou...

 

Toe ek nader stap na waar hy stil lê, het ek daaraan gedink dat die ou bul, net soos die vele blare, ook van die lewensboom moes losglip sodat nuwe lewe kan begin bot.

 

Dis vir almal so bestem – ons somer moet een of ander tyd eindig. En dis reg so, want nuwe lote kan nie in die skadu’s van ou, skurwe stamme gedy nie. Daarin lê my berusting.

Die Mauser...

“Kola, ’n 7mm Mauser is ’n annerster entjie geweer, pure pêrreghrie daai...” so laat oom Martiens hoor terwyl hy sy blikbeker só vashou dat ek moet sien dié holdingetjie is boomskraap...

Badtyd in 'n boskamp

Ons maak vir jou ’n plekkietjie tussen die haak-en-steke waar jy kan kom afsaal. Dan kan jy saans salig net met die vrede van die veld om jou langs die kampvuur sit ... ’n regte boskamp,” het Katte oor sy fênsie praatapparaatjie laat weet.

Die ram

’n Klein beweging onder die die wag-’n-bietjie se oorhangtakke het hom weggegee. Vir ’n oomblik het ek gedink dis ’n voëltjie of insek, maar iets het my instinktief op my hurke laat neersak. 

My jagmaat

Ek het hom baie jare gelede van ’n winkelrak in Kimberley verlos. Hy het so mooi proper en blinklyf daar tussen die ander produkte staan en pronk dat jy hom nie kon mis nie. Hoekom ek juis hom en nie die ander een op die rak gekoop het nie, sal ek nooit weet nie. Dié spesifieke keteltjie was seker maar vir my en die veld bestem en in my gedagtes is dit ’n “hy”, ’n veldmaat wat my vergesel oor die lengte en breedte van ons land.