OM EUNIA SE TAFEL | 2 April 2020 | Deur EUNIA BARNARD

UIT OUMA SE KOMBUIS

As daar nou een goeie ding uit ons Covid-19-inperking gaan kom, is dit die tyd tot ons beskikking vir nabetragting en introspeksie. Tyd vir familie en vriende, al is dit oor ver afstande heen wat ons gesels. Maar ook tyd vir kook en bak. En geen beter tyd as nou om nostalgies te raak en Ouma se resepte weer nader te trek nie.

Ek blaai deur ou resepteboeke en laat my gedagtes op ver paaie loop (sonder inperking!) na hemelse, warm, tuisgebakte brood (met vyekonfyt), tamatiebredie en skaapstertjies/pasteie uit toeka se dae...

En van stertjies gepraat... Snitte wat suidwaarts uitwyk en agterkwart se agterste kant toe staan, word meestal summier in die afvalskottel gegooi. Gewoonlik is die plaashelpers die gelukkiges om die stuitjies en stertjies te mag opraap. Wanneer laas het jy ’n stertjie met sy fyn beentjies behaaglik afgesuig? Of die fynvleisies uit die wildsaal se werwelbene met ’n knipmes gesny? Veral as dit koud uit die yskas kom? Dis mos eersteklaskos.

As jy die stertjies en die onderste deel van die rugstring (wat ons die saal noem) saam in ’n (swart)pot gooi en (oor die kole of in die kombuis) gaarmaak, gebeur daar iets. Saam met die herinneringe van Ouma se kombuis, kom ook die ryk geur van skaapstertvet en uie wat braai. Nou, om die geil van die skaapstert te kortwiek, is ’n wildsvleisie die aangewese metgesel om die kooksel te vervolmaak. Jy kook hom tot die vleis begin loskom van die bene, en wat verder gebeur, is jou keuse...

BEL ONS | CALL US

Tel: +27 12 485 9382

E-POS ONS | EMAIL US
KANTOOR | OFFICE

Privaatsak X202, Pretoria 0001

Xcelpark, h/v | c/o Lynnwood & Roderick

Lynnwood, 0081 

Mon - Vry/Fri: 08:00 - 16:30

SA SE VOORSTE JAGTYDSKRIF 
SA'S LEADING HUNTING MAGAZINE

Vir alles wat die jagter en omgewingsbewaarder wil weet.

Keeping the hunter and conservationist in the know.

  • Facebook Social Icon
  • Twitter Social Icon
  • YouTube Social  Icon
  • Instagram Social Icon
KONTAK DIE REDAKTEUR
CONTACT THE EDITOR

Koos Barnard

Koos.Barnard@Media24.com

012-485-9401