buying your first hunting rifle

Buying a first rifle – what to look out for

22 October 2026
460 S&W

Handwapenjag: Kies die regte kaliber en toerusting

23 October 2026

22 October 2026

Biltong-en-pastapotjie: ’n Maklike somersresep

Bederf jou gaste met dié romerige biltong-en-pastapotjie. Die maklike resep met wildsbiltong, spek, sampioene en kaas is binne 90 minute gereed. – DEUR KARLA JANSE VAN VUUREN

biltong-en-pastapotjie

Die vinnige en heerlike biltong-en-pastapotjie. FOTO: GERRIE JANSE VAN VUUREN

 

’n Lekker somerspotjie vir wanneer daar buite om die vuur gekuier word. ’n Pluspunt van dié potjie is dat dit nie ure neem om voor te berei nie.

Met al die voorbereiding en kooktyd in ag genome, behoort jy nie langer as 90 minute te wag voor jy kan opskep nie. Die rede vir die kort kooktyd is natuurlik omdat daar nie vleis aan bene is wat moet sag kook nie – die pasta moet net gaar word en die lekker klam biltong wat jy gebruik, moet eintlik net goed bevriend raak met die ander bestanddele in die pot.

LEES OOK: Wildsosaties oor die kole

JY BENODIG:

(genoeg vir agt mense)

  • Olie, vir braai
  • 500 g gesnyde, klam wildsbiltong (ek het blouwildebees gebruik; die biltong kan klam wees, nie te nat of te droog nie)
  • 1 pakkie rugspek, gesnipper
  • 1 groot ui, grofgekap
  • 2 groot knoffelhuisies, fyngekap
  • 100 g botter
  • 100 g koekmeel
  • 1 liter louwarm melk
  • 1 groot pak (500 g) sampioene, in dik skywe gesny
  • 500 g pasta (enige soort, net nie spaghetti nie; ek het penne gebruik)
  • ’n hand vol gekapte, vars kruie (tiemie, basielkruid en pietersielie werk lekker)
  • 250 ml room
  • 250 ml beleë cheddar
SÓ MAAK ’N MENS:
  1. Plaas jou swartpotjie oor die kole (of op die warm plaat) en verhit die olie. Braai die uie, knoffel en spek tot alles mooi gaar is en begin verbruin. Voeg die sampioene by en roerbraai nog ’n paar minute.
  2. Terwyl die sampioene braai, maak solank die witsous op die stoof. Smelt die botter en roer die meel by. Braai ’n minuut of twee tot die meel strooikleurig is. Roer die melk bietjies-bietjies by terwyl jy met ’n ballonklitser of houtlepel deeglik roer sodat daar nie klonte vorm nie. Wanneer jy al die melk bygevoeg het, kook nog so ’n paar minute. Die witsous moenie te dik wees nie maar redelik loperig.
  3. Gooi die biltong in ’n lekker dik laag oor die spek-en-uiemengsel. Maak seker die pot is nie te warm nie – hierdie is ’n kuierpot, nie ’n wegneemete nie!
  4. Gooi nou die droë pasta oor die biltong. Giet die witsous oor en maak seker dit bedek alles in die pot. Roer dit liggies deurmekaar. Sit die deksel op, maak weer seker die kole (of die hitte) is nie te kwaai nie en laat die potjie sy ding doen. Roer elke nou en dan met ’n groot houtlepel en maak seker die potjie kook nie te woes of droog nie. Jy kan kookwater byvoeg indien nodig. Die doel is om die pasta gaar te kry, maar dit moet steeds ’n lekker souserige spul wees.
  5. Ná ’n uur behoort die pasta gaar te wees (dit moenie pap wees nie, maar steeds “al dente”) en al die smake sal lekker gesellig wees. Roer die room en die gerasperde kaas versigtig by sodat jy nie die pasta te veel breek nie. Sit voor saam met hierdie heerlike vars somerslaai.

(Hierdie artikel is in die November-Desember 2022-uitgawe van SA JAGTER/HUNTER gepubliseer.)

ALSO READ: Savoury leftover hotchpotch

Related Articles

← Buying a first rifle – what to look out for Handwapenjag: Kies die regte kaliber en toerusting →