KOMPETISIETYD!

Ons is baie opgewonde om aan te kondig dat SA JAGTER/HUNTER, in samewerking met die Noord-Kaap Professionele Jagskool (NKPJS), ’n kompetisie vir jonger skrywers aanbied. 

Die prys vir die wenner is ’n trofeëjag vir ’n blouwildebees, springbok en vlakvark tydens die 2021-jagseisoen op Panorama, die 6 000ha-opleidingsgebied van die NKPJS naby Vanderkloof in die Noord-Kaap. Hy of sy sal deur opgeleide professionele jagters van die NKPJS begelei word en sal ook op die skool se perseel tuisgaan. 

 

Alle bydraes kan per e-pos aan ons versend word na jagterhuntertydskrif@gmail.com. Dui asseblief duidelik in u e-posse aan dat die artikels vir die kompetisie bedoel is ten einde misverstande te voorkom.

Die reëls van die kompetisie is as volg
  • Deelnemende skrywers mag nie ouer wees as 35 jaar ten tye van instuur van bydraes nie (’n afskrif van elke deelnemer se ID moet alle bydraes vergesel);

  • Bydraes kan jagstories of tegnies van aard wees;

  • Bydraes moet bestaan uit teks van 1 500-2 000 woorde, tesame met gepaste foto’s en onderskrifte;

  • Deelnemers mag ’n maksimum van drie bydraes instuur;

  • Alle bydraes moet ons voor of op 28 Februarie 2021 bereik;

  • Die wenners van die kompetisie sal in die tydskrif sowel as op ons Facebook-blad en webwerf (www.sajagterhunter.com) aangekondig word;

  • Die beoordelaars se besluit is finaal.

BEL ONS | CALL US

Tel: +27 84 554 0611

E-POS ONS | EMAIL US
SA SE VOORSTE JAGTYDSKRIF 
SA'S LEADING HUNTING MAGAZINE

Vir alles wat die jagter en omgewingsbewaarder wil weet.

Keeping the hunter and conservationist in the know.

KONTAK DIE REDAKTEUR
CONTACT THE EDITOR
  • Facebook Social Icon
  • Twitter Social Icon
  • YouTube Social  Icon
  • Instagram Social Icon