OM EUNIA SE TAFEL | 9 Januarie 2020 | Deur EUNIA BARNARD

KAMP(KOS) IS KONING!

Kampeer is ’n groot lekkerte. En die kampopsies is legio. Daar’s variasies wat by enige smaak sal byval vind: Langs die viswaters of in die wildtuin, of ’n kuier in ’n boskamp (of jagkamp). Sommige van ons hou van luuks kamp, in styl. Sonder gesukkel. En ander hou van die uitdagings van primitief kamp. Hoe dit ook al sy, kamp is koning!

Waar en hoe ons graag kamp? In die veld, alleen. Naby die aarde. Geen ander siel in sig nie. Waar ’n mooi ou boom sy takarms wyd uitsprei sodat jy onder sy blaarvlerke kan inkruip en koelte vind. En jy vanonder sy beskerming die vlakte voor jou kan bekyk en die dierelewe ongestoord dophou. Tydsaam. Niks wat jou jaag nie.

 

Dáár, sien jy, is dit vroegmôre reeds ’n bedrywigheid van voëls wat vrolik kwetter en ywerig werskaf en stokstertmeerkatte wat brandwag staan en bak in die son terwyl hul maters op die vlakte rondskarrel en in die warm sand na insekte grawe. ’n Steenbokpaartjie wat rustig tussen die lae bossies deurvleg…

 

Ons vuurtjie brand vroeg al, want voor sonuit wil ons reeds ons hande bak hou rondom die eerste blikbekerkoffie. Dis soos ’n koestering van ouwêreldse tradisie, ’n terugkeer na die eenvoud van ons bestaan. Gestroop van pretensie, hier waar tyd jou nie jaag nie en ander se opinie nie saak maak nie. Hier is die volmaakte vrede. Hier voel jy ryk.

En hier eet ons in (kamp)styl. Want die beste kos in die ganse heelal is kampkos. Geen luukshede nie, geen fieterjasies en fênsie souse nie – net die eenvoud. En die geur. Die geur van vlamgeroosterde ribbetjie, perfekte braaibroodjies en aartappels oor die kole…

O, die saligheid van kampkos! Ja, kamp is koning!

BEL ONS | CALL US

Tel: +27 12 485 9382

E-POS ONS | EMAIL US
KANTOOR | OFFICE

Privaatsak X202, Pretoria 0001

Xcelpark, h/v | c/o Lynnwood & Roderick

Lynnwood, 0081 

Mon - Vry/Fri: 08:00 - 16:30

SA SE VOORSTE JAGTYDSKRIF 
SA'S LEADING HUNTING MAGAZINE

Vir alles wat die jagter en omgewingsbewaarder wil weet.

Keeping the hunter and conservationist in the know.

  • Facebook Social Icon
  • Twitter Social Icon
  • YouTube Social  Icon
  • Instagram Social Icon
KONTAK DIE REDAKTEUR
CONTACT THE EDITOR

Koos Barnard

Koos.Barnard@Media24.com

012-485-9401