OM EUNIA SE TAFEL | 5 Maart 2020 | Deur EUNIA BARNARD

AANGEKLAM EN GOED GEOLIE

Of jy panbraai, stoombraai of rooster oor die kole, elke droë snit het ’n bietjie klammigheid nodig. Klammigheid in die vorm van vark- of skaapvet, olie, botter, souse of wyn. Laasgenoemde sal dan seker (in die volksmond) beteken die vleis is letterlik “aangeklam”. Maar solank die vleis geolie of aangeklam is, en nie die kok nie, sal dinge voorspoedig verloop rondom die kospotte en kampvure.

Omdat my gedagtes onwillekeurig mik in die rigting van die veldkombuis of die boskamp (waar Eskom geen impak het nie) verkies ek om dié veldvleis oor die kole gaar te maak (ter wille van die jagters wat hou van selfsorgverblyf en (self) kosmaak). Om tjops of rugstring gaar te maak, is relatief maklik, maar as jy iets soos ’n heel boud (of blad) smaaklik wil voorberei, kan dit ’n lollery afgee. Jou eindresultaat moet sappig en geurig wees…

Maar om weer aan te sluit by die klammigheid waarmee ek afgeskop het: Die marinade of sous wat jy gebruik, is van kardinale belang as jy ’n heel wildsboud gaarmaak. Daar is heelwat variasies beskikbaar, van gekoopte pakkies tot botteltjies voorafvermengde marinades en souse. Dit bly ’n lekker eksperiment om jou eie konkoksie saam te flans vir die sagword- en aanklamproses. Verder kan jy die manier kies waarop jy wil marineer: Jy kan inspuit, laat week of bloot die sous agterna tydens die finale gaarmaakproses byvoeg.

Ek kies hierdie maand drie basiese wildsboudresepte met verskillende gaarmaakmetodes en marinades. Beproef dit gerus, sit jou eie kinkel en klammigheid by en geniet dit om te eksperimenteer!

KLIK HIER vir die 3 resepte.

BEL ONS | CALL US

Tel: +27 12 485 9382

E-POS ONS | EMAIL US
KANTOOR | OFFICE

Privaatsak X202, Pretoria 0001

Xcelpark, h/v | c/o Lynnwood & Roderick

Lynnwood, 0081 

Mon - Vry/Fri: 08:00 - 16:30

SA SE VOORSTE JAGTYDSKRIF 
SA'S LEADING HUNTING MAGAZINE

Vir alles wat die jagter en omgewingsbewaarder wil weet.

Keeping the hunter and conservationist in the know.

  • Facebook Social Icon
  • Twitter Social Icon
  • YouTube Social  Icon
  • Instagram Social Icon
KONTAK DIE REDAKTEUR
CONTACT THE EDITOR

Koos Barnard

Koos.Barnard@Media24.com

012-485-9401