top of page
Hunter with Shotgun
Kalahari.jpg
Voorblad.JPG
IN DIE JONGSTE UITGAWE | IN THE LATEST EDITION

The Turkish firm ATA is well known for the impressive range of shotguns they have been producing since 1973. The need to stay innovative and introduce new products, models and calibres obviously holds true for ATA as they have introduced the first Turkish bolt-action rifle – the Turqua. The test rifle featured here is chambered in .308 Winchester. The rifle is 114 cm (44,8”) long and weighs 3,4 kg (without telescope) unloaded. It is available in .308 Win, 6.5 CRM and .243 Win. FRANCOIS VAN EMMENES

Kolskoot voorblad.jpg
KOLSKOOT
DIE BOSVELD-UITGAWE

Die bosveld hou ’n besondere bekoring in, iets wat moeilik is om te beskryf. Die woord bosveld verwys natuurlik geografies na ’n gebied in die noorde van die land waar bome en bosse volop is – as ’n mens dit so eenvoudig kan stel – maar dit het ’n dieper betekenis.

IMG20230224094754.jpg

Dooierus II, deur Herman Jonker, volg op die gewilde Dooierus, wat in 2015 vrygestel is en vinnig uitverkoop het. Die DOOIERUS II bundel bevat weereens 77 uitgesoekte rubrieke wat tot ’n breë gehoor spreek. Die skrywer stel sy visier om die beurt op groenes, owerhede, wildboere en eie geledere. Heilige koeie spring nie die slagmes vry nie, jagters se eienaardighede en ego’s ook nie. Daar word egter eerder gekorswil tussen die staaltjies en kwinkslae deur, as swaar debat gevoer. Die boek is teen middel Oktober beskikbaar en jy het die geleentheid om jou kopie van Dooierus II vooruit te bestel, asook Dooierus, wat herdruk word. Dit sal die perfekte Kersgeskenk maak vir enige jagter!

Geen betaling is onmiddellik nodig nie, vul slegs jou details nou in...

Lees gratis | Free read

BIRMINGHAM’S FAVOURITE SON.JPG

BIRMINGHAM’S FAVOURITE SON

Something special happened in 1875 in the workshops of Westley Richards & Co, gunmakers, in High Street, Birmingham. On 11 May of that year, two Westley Richards employees, namely William Anson and John Deeley, respectively the foreman of the gun-action department and the managing director, registered patent no. 1756 for an action that cocked when the barrels were lowered and with lock-up by means of a bolted top lever.

SA JAGTER LOGO.png

 Kry jou tydskrif hier: 

  • Die meeste supermarkte en boekhandelaars

  • INTEKENARE
    George Grobler
    Tel: 087-353-1291
    WhatsApp: 087-353-1292
    E-pos: SAHunter@onthedot.co.za
    SAJWV-LEDE
    Michel Schoeman
    Tel: 012-808-9300
    E-pos: michel@sahunt.co.zaa

Lees gratis | Free read

DIE HARTSEER BEES

Hartseer bees.JPG

Dit is my ou vriend Jean Marais wat hulle eerste gewaar – ’n troppie rooihartbeeste daar waar die rante van die Mooikloof ’n 90°- hoek vorm. Die hartbeeste is ’n goeie kilometer weg van ons af en ons bekyk hulle deur ons verkykers. Ons retireer tot agter ’n lae randjie en bespreek ons strategie. Die hartbeeste wei laag teen die hang, naby ’n groot olienhoutboom. Indien ons die terrein reg gebruik, behoort ons binne skietafstand te kom. Die wind, uit die noorde, is in ons guns wanneer ons laag teen die hang langs begin bekruip. Die hang is klipperig en ons vorder stadig. Nou en dan moet ons om of oor ’n groot rots klouter. Dit neem ons byna ’n uur om tot binne 300 meter van die troppie te kom. Ek loer versigtig oor ’n groot, plat rots. Die hartbeeste is op dieselfde plek waar ons hulle laas gesien het. 

Kos.jpg

BOSKOMBUIS

GEMSBOK-GYRO’S MET TUISGEMAAKTE PITAS

Wanneer ek aan lande en hul kenmerkende geregte dink, is daar sekere dinge wat vir my hand aan hand gaan – pizza vir Italië, kerrie vir Indië, vis en tjips vir Brittanje, en gyro’s vir Griekeland. Dié gereg word tradisioneel gemaak van dun vleisskyfies wat afgesny word van vleis wat op ’n vertikale spit gaargemaak word. “Gyro” het dan ook sy wortels in die Grieks vir “spin” of “roteer”. Dit word soms ook “yiro” gespel omdat dít is hoe ’n mens dit uitspreek – “yeero”. ’n Griekse gyro is baie soos die Turkse döner kebab of die Midde-Oosterse shawarma, en kosgeskiedkundiges meen juis dié gereg het saam met vlugtelinge uit gebiede soos Istanboel en Izmir in Griekeland aangekom (aldus greekboston.com).

bottom of page